Braaivleis
Dis 'n stomende warm somer-sondag,
Die hemel is koring-blommetjie blou.
Grassnyers brom oor die warm wind,
Vliee en ander goggas gons om my kop.
Die reuk van 'n houtvuur terg en lok,
Terwyl my vuurjie gloei en warmrooi dans.
Die bure se kinders baljaar in die tuin,
terwyl pa's by braaivlies vure bier drink.
So 'n regte lui Suiderafrika somer-sondag,
Met braaivleis, koue bier en uiltjies…
Continue
Posted on October 13, 2009 at 11:23am